Hoender- en groenteskottel

kosblik 281010HGM123.psdf - Adobe Reader

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

Genoeg vir 10-12 porsies

Jy het die volgende nodig:

  • 4 hoenderborsies met vel en been
  • 1 ui, in kwarte gesny
  • 1 knoffelhuisie, grof gekap
  • 2 wortels, in stukke gesny
  • 1 seldery, in stukke gesny
  • 1 aartappel of patat, in stukke gesny
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 125 ml (½ k) water of groenteaftreksel sonder sout
  • 60 ml (¼ k) natuurlike jogurt

Voorverhit die oond tot 180 °C. Rangskik die hoender in ’n gesmeerde oondbak. Pak die ui, knoffel, wortels, seldery en aartappel of patat om die hoender en bedruip met die olie en aftreksel. Plaas die hoenderskottel in die oond en bak sowat 30-40 minute of tot gaar.

Vir baba:

Laat heeltemal afkoel en verwyder die vel en been. Maak die hoender en groente saam met die jogurt in ’n voedselverwerker fyn. Verdeel die kos in 125 ml (½ k) bakkies met ’n styfpassende deksel en vries vir ’n maand of twee.

Onthou:

  • Moenie sout of selfs aftreksel by kos voeg wanneer jy dit vir kinders onder ’n jaar berei nie – dit kan skadelik wees vir hul niere. Gebruik water of andersins rooibostee wat propvol anti-oksidante is.
  • Om die kos te ontdooi: Haal ’n bakkie die aand voor die tyd uit die vrieskas en laat dit oornag ontdooi in die yskas. Indien jy nie genoeg tyd het nie, ontdooi dit in die mikrogolfoond.