’n Hawelose man wil vir elk van sy vriende R900 gee nadat hy R500 000 in die lotery gewen het.

Dennis Mahurin van Indiana in die VSA sê ook hy is tevrede om aan te bly in sy huidige skuiling: ’n tent.

“Ek het die kaartjie net hier in my tent gekrap,” het hy gesê.

Dennis het ook gesê hy wil bietjie tandherstelwerk laat doen en van die geld wegsit.