’n Regte rokjagter!Dié 26-jarige man leef glo baie mans se droomlewe ten spyte daarvan dat hy soms op ’n koue, harde sypaadjie moet slaap.

Die hawelose Joe (sy van word nie verstrek nie) maak bedags staat op sy voorkoms en sjarme om saans ’n dak oor sy kop te hê.

“Ek is seker al mens in New York wat dit kan regkry,” het hy aan Elite Daily gesê.

Bedags maak hy reukweerder en haarjel bymekaar om sy voorkoms netjies te hou. En al het hy net vier verskillende uitrustings, meen hy sy arrogansie en windmakerige sjarme is eintlik die wenresep vir sy sukses.

En sy raad aan die jeug?

“Moet nooit soos ek raak nie. Hierdie abstrakte leefstyl is nie vir almal nie.”

-        Janine Nel

Bron: mirror.co.uk, elitedaily.com