Vir die Bulgare is Dobri al ’n bekende gesig, maar min mense weet sy bedelary is vir ’n goeie doel. Dié nuus het eers onlangs bekend geword, maar maak nou wêreldwyd opslae namate bloggers dit op die internet deel. In ’n video op YouTube kan ’n mens selfs sien hoe Dobri bid in ’n tempel wat hy help finansier het.

Dié weldoener het al meer as 40 000 euro (sowat R500 000) geskenk om Bulgaarse kerke te herstel en om die elektrisiteitsrekeninge van weeshuise te betaal. Hy lewe glo net op sy maandelikse staatspensioen van 80 euro (R1 000) en die liefdadigheid van ander mense.

- Janine Nel