Andrew se “pa” het geweet die 15-jarige troeteldier was besig om oud en siek te word, het ’n Reddit-gebruiker Abernha3 vertel. Toe die vrolike kat se kind skielik heeltemal ophou met spin, het hy besluit dis tyd om veearts toe gaan. En, soos dit maar met alle troeteldierliefhebbers gaan, was dit ’n rit wat ’n mens se binnegoed op ’n knop laat trek. Die arme Andrew het egter geweet daar is iets aan die gang– en hy wou sy eienaars vir oulaas troos. “Tydens sy laaste rit na die veearts het hy ons hande ‘vasgehou’. Klein Andrew was baie sterker as ek en sy ma,” was die byskrif by ’n foto van die grys groenoogkat met sy poot stewig tussen sy “pa” en “ma” se vasgeklemde hande.

He held our hands on his last trip to the vet. Little Andrew was much stronger than his mom and I. from cats

Die foto op die aanlyn forum het honderde liefdevolle kommentare ontlok.

“Mag hy altyd in jou hart spin!” het een gelui, terwyl ’n ander gebruiker bygevoeg het: “Die foto wys wat ’n skattebol hy was.”

Ander gebruikers het hartseer stories oor die verlies van hul eie troeteldiere te vertel.

“Ek ken die gevoel goed; my klein Midnight was 16 toe ons haar moes laat van kant maak. Ons het op ’n dag, toe sy net met haar kop op haar bak gelê het, gemerk sy kon nie eens haar nek oor haar bak lig om te eet en drink nie. So vreeslik hartseer om haar op hierdie manier te sien sterf,” het een skrywer kykr422 gedeel.

“Ek het my enigste kat net ’n bietjie meer as ’n week gelede laat uitsit,” het Skogul1 gesê.

“Ek kan steeds nie aan haar dink sonder om verskeurd te voel nie, en haar kosbak staan nog altyd in my kombuis :( ”

Andrew se baas het die meer as 200 mense wat kommentaar gelewer het, bedank vir hul vriendelike woorde.

“Klein Andrew was jonger as ek,” het hy bygevoeg. “Hy was 15½ en lief vir almal, maar het gedurende die afgelope jaar oud en siek geraak. Hy het elke dag van sy lewe gespin en toe hy dit verloor, het ek geweet die tyd het aangebreek. Altyd hartseer om ’n vriend te verloor. Jammer ook oor al die ander mense se verliese.”