Maar Dinsdagmiddag het die sprokie in ’n duisend skerwe gespat . . .

Hy is Dennis genoem - die man wat Rina Smit (77) van Bloemfontein geglo het is haar seun wat 31 jaar gelede verdwyn het.

Daar was ’n roerende reünie toe die twee mekaar vir die eerste keer in lewende lywe sien. Kameras het geflits, trane is weggevee en daar was ’n gelukkige einde.

“Dennis” is nie die seun waarna Elsa so lank verlang en gesmag het om weer te sien nie.

Desiree Heyns (43) was ook oortuig haar lang verlore broer is weer gevind. Sy het nooit die stryd opgegee om na hom te soek nie.

Maar hedendaagse forensiese tegnologie het hul korstondige geluk in ’n skokwending tot ’n einde gebring.

'n Vriendin van die Haynes-familie van Bloemfontein het Dinsdagaand op Facebook aangekondig dat die uitslag van die DNS-toetse van Desiree, haar ma en “Dennis” bewys dat daar geen familieverband tussen die drie bestaan nie.

Vir Desiree is die reis van soek na haar broer nie verby nie.

“Dennis” is nie die seun na wie Elsa so lank verlang en gesmag het om weer te sien nie. Sy naam is Francois, ook bekend as Fransua.

“Die uitslag van die DNS-toets is negatief. Vir Desiree is die reis van soek na haar broer nie verby nie. Dit was 'n lang pad tot hier, maar dis nog nie die einde nie,” het Nadine Smal op die Bring Dennis Home Facebookblad geskryf.

Die uitslae is uit. Ek wag net vir die skriftelike bewys van die uitslag. Daarna sal ek die ondersoekbeampte kontak.

Kol. Fanie van Deventer, bevelvoerder van die polisie se eenheid vir vermiste persone, het bevestig die uitslae van die DNS-toetse tussen Rina Haynes en die "verlore seun" is reeds bekend. 

“Die uitslae is uit. Ek wag net vir die skriftelike bewys van die uitslag. Daarna sal ek die ondersoekbeampte kontak,” het hy Dinsdag aan Huisgenoot.com gesê. 

Desiree Haynes, die suster van Dennis Haynes, wat 31 jaar lank vermis is, het verlede week aan Huisgenoot.com gesê dat die polisie in haar kantoor vir haar vertel het dat sy en die vermiste man sibbe is. 

Desiree het weldra op ’n geslote Facebook-blad gesê sy respekteer haar ma se privaatheid.

“Sy sê dit is haar kind en wil niks verder weet nie.

“Sy versorg hom en sy is lief vir hom. Ek gaan my nie verder (hieroor) uitspreek nie.

Dit het ons gewys dat daar nog hoop is, maak nie saak hoe sleg jou omstandighede is nie.

“Ek glo en vertrou als sal aanvaar word en dat ons rus en vrede sal kry.”

Nadine het voorts op dieselfde geslote blad aangedui dat dit nou 'n "nuwe reis vir Elsa en Francois is". Sy sê Francois se glimlag het reeds diep in hul harte gekruip.

"Dit het ons gewys dat daar nog hoop is, maak nie saak hoe sleg jou omstandighede is nie."

Ongelukkig is daar nie 'n handleiding vir die soort ding nie.

Die blad self gaan ook nie gesluit word nie en sy vra om verskoning vir enigeen wat moontlik in die soektog na die regte Dennis te na gekom of seergemaak is.

"Ongelukkig is daar nie 'n handleiding vir dié soort ding nie."

Huisgenoot.com het in Junie ’n storie gepubliseer oor die man van Bloemfontein wat in 1986 raaiselagtig verdwyn het nadat hy op pad was na ’n werkonderhoud in Roodepoort.

’n Vrou van Pretoria-Noord het dié storie gesien en op die Ons Gee Om-Facebookblad gedeel. Dié groep het Desiree gekontak oor ’n hawelose man wat volgens hulle op ’n druppel soos die vermiste Dennis gelyk het.

Desiree het die man in Pretoria ontmoet en hom ’n week later na haar bejaarde ma in Bloemfontein geneem ondanks die feit dat die uitslag van die DNS-toetse wat toe gedoen is, nog nie bekend was nie.

Rina het met die eerste oogopslag gesê dié man is haar seun.