Volgens ’n verklaring wat sy gesin uitgereik het, is Nico Dinsdagoggend na die Netcare N1 in Kaapstad geneem waar hy gehospitaliseer is en ten tye van sy dood deur sy vier kinders omring is.

Die trekklavierspeler en liedjieskrywer het ’n enorme bydrae tot musiek in Suid-Afrika gemaak. Die Zambezi-skrywer het die tone al wêreldwyd laat jeuk en kunstenaars soos Eddie Calvert, The Shadows en Chet Atkins het onder andere sy musiek hul eie gemaak.

LEES NICO CARSTENS SE LAASTE ROERENDE ONDERHOUD MET HUISGENOOT-TYDSKRIF

Nico het al vroeg in sy lewe sy staal gewys. Hy het in die jeugdige ouderdom van 13 sy eerste trekklavier gekry en ná ses maande sy eerste musiekkompetisie vir volwassenes gewen.

Nico het meer as 2 000 komposisies gedoen, en meer as 100 langspeelplate en CD’s gemaak.

Vaarwel Nico, mag jou deuntjies nooit uitsterf nie.