Kapt. FC van Wyk het bevestig die Wes-Kaapse polisie het Saterdag die lykie van ’n ongeïdentifiseerde kind in ’n oop veld gevind. En nou, die bevestiging . . . Die hart uit ’n ouerhuis geruk, ’n gemeenskap tot stilstand geskok. En die talle onbeantwoorde vrae wat smeek om duidelikheid te kry. Hoe kan enigiemand ’n weerlose kind van drie jaar oud vermoor?

Só het Courtney se desperate ma nog vir haar kind se veilige terugkeer gepleit.
 
Vroeë vandeesweek het opportuniste boonop met vals eise gekom en ’n losprys van Courtney se ouers geëis.
Stacha Arends se ma is ook op die toneel om troos te verskaf. Haar pragtige 11-jarige dogter se lyk is op28 Maart vanjaar ook in die bosse gevind.

Vroeër vandag

Die lyk is naby Bofors-sirkel in Epping se industriële gebied gevind. In hierdie stadium is die geslag of ouderdom van die kind nie bekend gemaak nie. Dit is ook nie seker of dit moontlik die lyk van die vermiste Courtney Pieters (3) is nie.
Courtney is Donderdag, 4 Mei, vir die laaste keer op die hoek van Milky-weg en Grand Vue-straat in Elsiesrivier gesien. Tussen 200 en 400 polisiebeamptes is sedert Courtney se verskyning behulpsaam met die soektog na haar.
Celeste Adonis, die gesin se woordvoerder, was nie Saterdag onmiddellik beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

Die artikel sal bygewerk word sodra meer inligting bekend is.

Bron: news24.com