Werkers by die nabygeleë Gache Gache Lodge en veldwagters het saamgewerk om die olifant te probeer bevry. “Hy is eindelik uitgetrek en kon nie staan nie; hy kon nie op sy eie regop staan nie,” het die Kariba Animal Welfare Trust Maandag vir Roy Towsend van die Gache Gache Lodge aangehaal.

“Ná ’n baie lang gewag vir die bul om op te staan – gedagtig daaraan dat ’n volwasse of amper volwasse olifant nie vir te lank kan sit nie – het natuurbewaring besluit op ’n genadedood,” lui die verklaring deur die trust.

Hartverskeurende foto’s van die reddingspoging is op Gache Gache se Facebookblad gedeel.

Melissa Mackenzie het geskryf: “Hoewel dit nie ’n gelukkige einde het nie, was dit steeds goed om te sien hoe ’n groep mense hul tyd opoffer en saamstaan om ’n dier nog ’n kans te gee. Hulle kon nie harder as dit probeer het nie.”

[post-slider]

Werkers in die natuurlewe in Zimbabwe het ’n moeilike paar dae agter die rug. ’n Vyftien maande oue olifant is die afgelope naweek beseer in ’n tref-en-trap-ongeluk naby Kariba en is op die operasietafel dood nadat dit na Harare vervoer is, het die AWARE Trust berig.

Dié olifant is Kariba Baby gedoop en het ’n besmette fraktuurwond gehad. Ná drie uur op die operasietafel het “sy lyfie opgegee”, berig die trust, wat deur Zimbabwiese veeartse bestuur word.

Bron: News24