[caption id="attachment_120414" align="alignnone" width="600"]Foto: Pixabay Foto: Pixabay[/caption]

“Hy was ’n soldaat en ons het ’n spanmaat verloor. Dit is baie moeilik,” sê Chelsea Mercado, woordvoerder van K9 Law Enforcement.

Fionn, ’n vierjarige Duitse herdershond, is dood nadat hy na ’n veearts gehaas is.

Lees ook: Eendjies, eendjies een-een van Johannesburgse hoofweg deur paramedici gered

“Hy en sy hanteerder, Megan, is by ’n haarsalon in en hy het na ’n kas gewys. Hy het ingegaan en ’n bottel gegryp wat ’n vloeistof ingehad het,” sê sy.

“Hy het die bottel laat val en sy kop geskud en binne sowat vier minute het hy begin stuiptrekkings kry. Ons het met hom na die veearts gejaag, maar teen die tyd dat ons daar gekom het, was dit te laat,” sê Chelsea.

“Hulle het alles probeer wat hulle kon, maar hy was weg. Hy was ’n opgewekte en gelukkige hond en hy het sy hart uit gewerk en geleef vir wat hy gedoen het. Hy het so baie suksesse agter sy naam gehad,” sê sy.

Sy sê werkhonde is ’n baie waardevolle hulpbron.

“Die honde is lief vir wat hulle doen en hulle hou daarvan om aan die werk gesit te word. Ons weet hulle werk net soos wetstoepassingsbeamptes op gevaarlike plekke en daar is geen waarborg dat hulle sal huis toe kom nie. Dit is baie moeilik, maar hy het so baie goed in sy kort lewe gedoen,” sê Chelsea.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com:

Wildkyk van agter jou lessenaar? Nou kan jy!

Kyk: Nuwe Afrikaanse fliek ‘Uitvlucht’ se aangrypende lokprent laat jou regop sit

Kyk hoe ‘grênd’ is Getroud met Rugby se nuwe stel

Die storie agter dié foto sal jou hart breek

Oe-la-la! Madonna se pragtige dogter hou haar lyf model