Dit is die hartverskeurende woorde wat twee weeskinders van Port Elizabeth geskryf het aan ’n polisiekantoor wat hulle die naweek gehelp het.

Inwoners het die meisies van sewe en nege jaar oud Saterdag na die Swartkops-polisiekantoor geneem nadat hulle gevind is toe hulle in die strate ronddwaal.

Die meisies het vir die beamptes gesê hul ouers is oorlede.

Hulle het vertel hul voog het hulle uitgeskop en hulle was twee dae lank alleen op straat.

Volgens die polisie se Facebook-blad het die beamptes hulle by die sentrum vir slagoffersteun met slaapplek en stortgeriewe versorg, maar ook vir hulle warm maaltye geneem.