Vyf mense, insluitend ’n babaseun is Vrydag in die vroeë oggendure in die informele nedersetting Nomzamo in Strand, doodgebrand, bevestig die Kaapstadse brand-en-reddingsdienste.

[caption id="attachment_127371" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

Vyf plakkershutte is vernietig, sê die stad in ’n verklaring.

’n Man, vrou, twee meisies en babaseun is onderskeidelik doodgebrand in die vuur.

Die stad sê 18 mense is verplaas as gevolg van die brand.

“Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium nog onbekend,” sê die verklaring.

Bron: News24