Agt mense het weens die brande gesterf.

Intussen kies die verterende vlamme koers na Plettenbergbaai. ’n Brand het ook by Port Elizabeth uitgebreek.

Inwoners van Plettenbergbaai is reeds besig om die dorp te ontruim nadat ’n brand in die Kranshoek-gebied uitgebreek het. Die landgoed Schoongezicht en Branckenridge se inwoners is op gereedheidsgrondslag geplaas.

Plettenbergbaai se laerskool word as ontruimingspunt ingespan. Die CrossFit Plett-groep bied ook skuiling aan mense wat dit nodig het.

Diere kan by die Tenikwa-rehabilitasiesentrum besorg word.

George se munisipaliteit het bevestig vyf Go George-busse is na Plettenbergbaai gestuur om te help met die ontruiming.

Meer oor Knysna

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid het bevestig al 82 pasiënte in Knysna se hospitaal is Woensdagaand as veiligheidsmaatreël ontruim. Pasiënte wat in ’n kritieke toestand verkeer is na die Life-hospitaal en Advanced-hospitaal geneem.

Familielede kan 062-202-33 87 bel om uit te vind na watter mediese gerief hul familie geneem is.

Die openbare busdiens Go George het Woensdagaand met die ontruiming in Knysna gehelp.

Hartverskeurende tonele beeld die vernietiging van die brand in strak kleure uit.

’n Laaste foto . . .

Die gebiede wat ontruim moes word, sluit in Brenton-On-Sea, Belvedere, Welbedacht, Nania, Eastford, Green Pastures en Knysna-koppe.

Woensdagaand het van Knysna se inwoners skuiling gevind by die plaaslike seiljagklub.

Die Spur het ’n vragmotor by die Vineyard-kerk in Knysna beskikbaar gestel en 2 000 burgers aan mense in nood verskaf.

Die N2 tussen Knysna en Plettenbergbaai is Donderdag weer oopgestel nadat dit vir die grootste gedeelte van Woensdag vir verkeer gesluit was.

Donderdag is 100 soldate in die gebied ontplooi om nog hulp te verleen.

Die spoor van vernietiging . . .

Hoe kan jy help?

Nie-bederfbare kos, water, beddegoed (komberse, kussings), toiletware, doeke en klerasie (skoene, warm klere), asook kos vir huisdiere kan by die volgende insamelpunte besorg word:

KNYSNA: Die Knysna-brandweerstasie, Waterfront-rylaan of Metelerkamps, Union-straat 3, oorkant die brandweerstasie. George: Creative Touch-kantore (2de straat no. 4, oorkant Preston’s se parkeerterrein).

MOSSELBAAI: Starlite Aviation-loods of Mosselbaai Aeroclub.

Bel EDEN SE RAMP-OPROEPSENRUM by 044-805-5071 as jy behulpsaam kan wees met verblyf, kos, water en klerasie.

OUDTSHOORN: By Oudtshoorn Courant se kantore, Deon Bosman se Karwas, Plaspac of Turnberry Boutique Hotel.

WES-KAAP: Die Burger stuur 'n vrag noodvoorraad na Knysna. Bydraes kan voor 17:00 na die Bloemhofgebou (Vierde vloer), Edwardstraat 112, Bellville geneem word.

SKENKINGS VIR VRYWILLIGERS (brandweer en nooddienste): Round Table Oudtshoorn gaan vanmiddag 14:00 met twee vragmotors, een vanaf Mosselbaai en vanaf Oudtshoorn om die goedere in George by die Eden-rampbestuur se afsetpunt in Mosselbaai by die Shell-vulstasie in Voorbaai.