Die voorval het by ’n huis in Clare-weg in Palmiet plaasgevind.

Die eThekwini-brandweer en die polisie se soek-en-reddingseenheid het die seun se lyk om omgeveer 11:00 gekry.

Die dak van die huis het ingeval, wat dit moeilik gemaak het om die lyk op te spoor, sê Garrith Jamieson van Rescue Care.

Die seun is op die toneel dood verklaar, sê Garrith.

Geen ander beserings as gevolg van die brand is aangemeld nie.

Bron: News24