“Dit is ’n geval waar daar geen bewyse is dat mev. Clarence enigsins haar kinders leed aangedoen het as hulle gesond was nie,” het die prokureur Jim Sturman by die regter gepleit.

Hy het gesê dit verkeerd om te sê dat Tania sou verkies het dat die “natuur sy gang gaan” terwyl die ouers net wou hê hul kinders gelukkig moet wees.

Jim het gesê Tania en haar man het ’n gastrostomie vir hul vierjarige dogter, Olivia, geweier omdat hulle haar gewoonweg “tydens maaltye met die hele gesin wou voer”.

Tania het erken sy het Olivia en die driejarige tweeling Ben en Max by hul huis in New Malden, suidwes-Londen, doodgemaak.

Jim het die dade van ’n “onervare maatskaplike werker” gekritiseer wat die plaasvervanger was van die een wat “in afgryse” bedank het nadat sy van die saak verwyder is omdat sy “haar vir die gesin beywer het”.

Kort voor die moorde, terwyl Tania se man, Gary, weg was, het die maatskaplike werker met Tania bespreek of die kinders die gastriese operasie moet ondergaan.

Vir die staat het Zoe Johnson gehoor al drie kinders het aan die toestand tipe 2-SMA gely, en sou die Clarence-egpaar voor die tweeling se geboorte daarvan geweet het, sou hulle die swangerskap beëindig het.

Sy het gesê Tania se man het hul agtjarige dogter in April Suid-Afrika toe geneem, wat die beskuldigde alleen met die ander kinders gelaat het. Die oppasser het ook ’n dag se verlof gekry. Zoe het gesê: “Ons stel voor die beskuldigde het hierdie geleentheid aangegryp om haar drie gestremde kinders se lewe te beëindig, maar dit is korrek om te sê haar gevestigde voorneme is eers die Maandag geformuleer.” Volgens Tania het die moorde tussen middernag en drieuur op 22 April gebeur, het Zoe gesê.

'Sy het eers die slapende seuns met ’n doek versmoor.'

“Sy het eers die slapende seuns met ’n doek versmoor sodat hulle haar nie sou ruik nie.

“Dit was vir haar baie moeiliker om Olivia dood te maak, en het ’n brief geskryf nadat sy die seuns doodgemaak het en voor sy Olivia doodgemaak het.”

Die kinders is later daardie nag ontdek toe Tania se ma die oppasser, Jade, bel nadat sy sonder sukses haar dogter probeer kontak het.

Sy is saam met ’n vriend, Daniel Magagnin, en ’n pastoor na die huis toe. Hulle het Tania in haar slaapkamer ontdek.

Zoe het gesê: “Hulle het haar kamerdeur bereik en sy het die deur op ’n skreef oopgemaak. Sy het ’n handdoek vasgehou. Mev. Clarence het hulle herhaaldelik gevra om te loop en haar uit te los. Sy het gefluister.

“Daniel het mev. Clarence gevra of sy wou hê hy moet vir haar bid. Sy het gesê hy moet loop en dat sy ’n privaat persoon is. Mev. Clarence het gesê dit is te laat en dat daar niks is wat hulle kan doen om die kinders te help nie.”

Jade het Tania ’n drukkie gegee. Tania het gaan lê en die duvet oor haar getrek. Daniel het bloed op haar pols gesien en nooddienste ontbied. “Hy het die tweeling se kamerdeur oopgemaak en hul lyke ontdek. Dit was so grotesk dat mnr. Magagnin hom nie sovêr kon bring om na Olivia te kyk nie, al het die nooddienste se telefonis hom gevra om dit te doen nie.” Intussen het die hof gehoor Tania het aan Jade ’n brief gegee, wat die volgende gesê het: “Ek is so jammer dat ek dit moes doen, maar ek kon nie meer nie. Ek kon ook nie die kinders by Gary los nie. Dit kon te veel vir hom gewees het.

'Sonder jou sou ek dit waarskynlik baie vroeër gedoen het.'

“Jy was die afgelope paar jaar so ’n wonderlike persoon. Sonder jou sou ek dit waarskynlik baie vroeër gedoen het.”

Teen die tyd dat die polisie by die huis aangekom het, het Daniel histeries geraak toe hy ’n vroulike polisiebeampte wys waar die tweeling saam met hul speelding in hul bed lê.

Verlede maand het Tania skuldig gepleit op ’n aanklag van strafbare manslag met verminderde verantwoordelikheid.

Regt. Nigel Sweeney sal na verwagting later ’n hospitaalbevel oplê.

Kinders met tipe 2-SMA het swakheid in hul spiere, wat beteken hulle kan nie self staan nie en met ander bewegings sukkel, en hulle is vatbaar vir respiratoriese infeksies.

Al is dit ’n beperkende toestand, beteken verbeteringe in sorg dat die meeste lyers lang, vol lewens kan lei.