Thys het ’n pragtige foto van hom en sy "broer Pieta" gedeel met die woorde "[Jy] was ’n dapper vegter. Lank lééf Pieta!" daarby.

Die sanger het ook al sy aanhangers bedank vir hul ondersteunende boodskappe wat hulle sedert sy broer se dood aan hom gestuur het.

"Ek lees en waardeer elke boodskap. Opregte dank," het hy op sy Facebool-blad geskryf.

’n Paar weke gelede het Thys in ’n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot gesels oor sy broer se kankerstryd en vertel hoe Pieta nog altyd sy regterhand was ('Lag, my kuur vir my kankerboer', 25 Februarie 2016). Hy het ook verlede jaar ’n album, Op ’n Ernstige Noot, as huldeblyk aan sy broer opgeneem. Buiten sy vennoot, was Piet ook lank Thys se klankman tydens konserte en opnames. Ander bekendes in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, soos Dowwe Dolla en Wikus van der Merwe, het ook hul boodskap van medelye aan Thys op Twitter gedeel.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Jy sal nie glo wat elke Oscar-benoemde vanaand gaan kry nie!

Kankerlyer vertel roerend: ‘As dit nie vir die baba was nie, sou ek nooit van die gewasse uitgevind het nie’

Sewe warrelwindromanses

Sonskyn en reënweer – JC Engebrecht vertel jou meer