Talle besoekers aan die teaterrestaurant Evita se Perron op Darling in die Swartland het Elsie ontmoet.

Lees ook: Hier is raad hoe jy jou kind kan bystaan om die dood van ’n troeteldier te verwerk

Die Perron was voorheen ’n stasie wat in een van die groot toeristebestemmings in die streek ontluik het.

Op hul webtuiste word daar ligweg gespot en gesê die enigste “bekruipers” wat hulle besoek het, was in die gedaante van vier katte. Marilyn, Moggie, Windgat en Die Koei se geledere is weldra aangevul deur Ginger Rogers, Boesman en Two-Kay.

Kyk: Katte 'pas' kleingoed op

Elsie het ’n paar weke later uit ’n vuilgoedblik gekruip en ook die Perron haar tuiste gemaak.

’n Paar jaar gelede het Elsie ongelukkig besluit om die verbygaande trein te konfronteer en so een van haar ledemate verloor.

Om ’n troeteldier te verloor kan ’n traumatiese ervaring vir eienaars wees.

Wenke om die verlies van ’n troeteldier te verwerk

Van jou vriende kan jou gevoel van verlies as onnodig verwerp. Maar jy moet nooit skuldig of skaam voel om oor jou dierevriend te treur nie.

Jou gevoel van verlies kan vererger hoe groter die rol wat die troeteldier in jou lewe gespeel het.

Geen mens treur op dieselfde manier nie. Soms gebeur dit in fases. Net soos wanneer iemand na aan jou doodgaan, kan jy ook die fases van ontkenning, woede, skuld, depressie en eindelik aanvaarding ervaar.

Moet nooit jou hartseer aan ’n tydskedule koppel of forseer nie. Om te treur vind nie volgens ’n voorafopgestelde rooster plaas nie.

Praat oor jou hartseer; moenie dit opkrop nie. As jy nie graag daaroor wil praat nie, kan jy ook daaroor skryf.

Wees daarop bedag dat depressie kan intree ná die verlies van ’n geliefde troeteldier. Moenie huiwer om professionele hulp te kry sou die gevoelens jou oorweldig nie.

Hoe gemaak wanneer mense jou probeer vertel hoe jy behoort te voel? Jy verlies is persoonlik. Laat jouself toe om sonder verleentheid of veroordeling deur dié proses te gaan.

Moenie jou eens verwerdig om in ’n rusie met ander betrokke te raak oor of jou hartseer gepas is al dan nie.

Reik uit na ander wat ook troeteldiere verloor het. Jy kan verbaas wees om uit te vind dat jy meer steun buite jou vriendekring as binne jou vriendekring gaan kry.

Probeer hou by jou roetine as jy nog troeteldiere het. Onthou, hulle ervaar ook die verlies; stabiliteit sal hulle deur dié proses help kom.

Die verlies van ’n troeteldier kan veral vir die ouer garde ’n geweldige traumatiese ervaring wees. Veral vir diegene wat alleen woon. Kundiges stel voor dat jy meer interaksie met vriende en familie moet probeer bewerkstellig en selfs as ’n vrywilliger by ’n plaaslike dieresorg-instansie inskakel.

Gun jou die tyd van rou. Hou deurentyd in gedagte dat jy die wonderlike voorreg van ’n geliefde troeteldier in jou lewe gehad het.

Bronne: helpguide.org, avma.org, humanesociety.org

Saamgestel deur Annelene Oberholzer

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?

Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe

Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word

Is dit dalk beter om bles te wees?

‘Sy’t ja gesê!’: Geliefde akteur het die skoot omtrent hoog deur ná verlowing