Simon Cowell se ma is oorlede. Die musiekmagnaat se moeder, Julie, was, volgens die Britse koerant The Sun, reeds ’n geruime tyd lank siekerig, maar die 55-jarige Simon het besluit om haar stryd privaat te hou.

Dit is nou bevestig dat sy op 89-jarige ouderdom aan beroerte oorlede is.

“Ons geliefde moeder is vandag oorlede. Enigiemand wat haar ooit ontmoet het, sal weet wat ’n werklik spesiale en goedhartige dame sy was,” het die Cowell-familie in ’n verklaring aan die koerant gesê.

“Ons harte is gebreek en ons gaan haar verskriklik mis, maar sy het nou vrede.”

Simon het tot dusver nog niks op die sosiale media geplaas nie. ’n Bron sê egter dat daar ’n baie moeilike tyd voorlê vir die skepper van The X Factor.

“Simon is absoluut platgeslaan," het die ingeligte gesê.

“Sy moeder was die mees geliefde persoon in sy lewe en hulle was ongelooflik naby/ná aan mekaar.”

© Cover Media