Olivia Newton-John (68) se bestuurspan het verlede week ’n Facebook-inskrywing met aanhangers gedeel en gesê sy gaan ’n hele paar ontmoetingsessies vir opkomende konserte kanselleer omdat sy rugpyn ervaar.


Haar bestuurspan het egter Dinsdag op Facebook aangekondig haar borskanker het teruggekeer en na haar rug versprei.

Sy is wel meer as opgewonde om teen die einde van die jaar haar vertonings te hervat nadat sy natuurlike gesondheid en -bestralingsterapie ondergaan het.

“Ek het besluit watter terapie vir my gaan werk nadat ek met die dokters, terapeuten wat fokus op natuurlike behandeling en die mediese span by die Olivia Newton-John Kankerwelstand -en Navorsingssentrum in Melbourne, Australië gekonsulteer het,” sê sy.

Die Hopelessly Devoted to You-sanger het in 2008 aan The Guardian gesê dat haar kankerdiagnose in 1992 haar perspektief (op die lewe) vir altyd verander het.

Sy is in die ouderdom van 43 vir die eerste keer behandel vir borskanker waar sy ’n gedeeltelike mastektomie, chemoterapie en borsrekonstruksie ontvang het.

“Ek het ’n radikale aangepaste mastektomie gehad, wat baie emosioneel was om te ervaar, maar dit was nie fisiek uitdagend vir my nie.

“Baie vroue raak angstig as hulle ’n bors verloor of ’n operasie moet ondergaan omdat dit so ’n groot impak op wie hulle is, het. Maar ek sê altyd, jy is nie net jou borste nie. Jy is ’n hele persoon.”

Luister hier na vyf van haar beste liedjies:

Bronne: Facebook, The GuardianBillboard.com, Youtube.