Die gospelsanger Manie Jackson se pa, Robbie Jackson, is Saterdagaand in die ouderdom van 68 oorlede.

Manie het die hartseer nuus Saterdagaand met Huisgenoot gedeel. Sy pa is omstreeks 18:00 oorlede en kort daarna het die hospitaal hom hiervan in kennis gestel. Manie het die nuus ook op sy Facebook-blad gedeel en gesê sy "hart wil breek".

Die sanger en sy familie het in die afgelope jaar ’n baie moeilike jaar beleef. Manie se broer Jaco is in Julie 2016 op 45 weens ’n hartkwaal dood.

Robbie Jackson is op 8 Januarie in die Steve Biko-akademiese hospitaal in Pretoria opgeneem ná ’n hartaanval wat hy glo weens erge nierversaking gekry het. Robbie het sedertdien daagliks vier uur per dag dialise ondergaan.

Manie het vandeesweek ’n roerende Facebook-inskrywing gemaak waar hy sy aanhangers vra om vir sy pa te bid in die moeilike tyd. Lees die volledige inskrywing hier: