Gerugte doen die ronde dat Lady Gaga en haar verloofde, Taylor Kinney, se verhouding na vyf jaar uitmekaar gespat het. Die paartjie het in 2015 verloof geraak nadat Taylor haar op Valentynsdag die groot vraag gevra het. Die hoop het bestaan dat die twee in 2016 sou afhaak. Destyds ná hul verlowing het sy 'n foto op Instagram gedeel, met die woorde daarby: “Hy’t my sy hart gegee op Valentynsdag, en ek het JA gesê!”

Maar nou blyk dit iets van die verlede te wees. Die twee het glo stilweg hul verhouding vroeër vandeesmaand beeïndig.
Taylor, bekend vir sy rol in die televisiereeks Chicago Fire, het Vrydag sy 35ste verjaardag gevier. Foto’s van Lady Gaga wat op dieselfde dag geneem is, verklap die feit dat sy nie meer haar verloofring dra nie.
Dit was ook die dag waarop Lady Gaga voorgekeer is omdat sy nie die regte nommerplate vir haar nuwe bakkie gehad het nie.
Die twee het in 2011 begin uitgaan nadat hy in haar You and I-musiekvideo verskyn het.
In Maart het Taylor glo die gerugte van trouklokkis gesystap deur te sê hulle is albei baie besig. “Iewers langs die pad sal ons dit uitwerk. Ons het oor New York of Los Angelens gesels. Kersfees of somer, maar wie weet,” was sy woorde.

A photo posted by Brooklyn Gaga (@brooklyn.gaga) on

Intussen word daar ook gegis oor wie toesig gaan kry oor Koji en Miss Asia Kinney, die paartjie se twee Franse bulhonde.

Bronne: CoverMedia, hollywoodreporter.com, tmz.com