Eddie Murphy se ouer broer het in ’n hospitaal in New York tydens chemoterapiebehandeling gesterf, berig TMZ.

Charlie was ’n gereelde gesig op televisie en was medeskrywer van van sy broer se flieks. Hy was ook in die televisiereeks Are We There Yet?, Black Jesus, The Boondocks en Chappelle's Show en het in 2014 sy eie komediereeks, Charlie Murphy's Law, aangebied.

Van die flieks waarin hy verskyn het, sluit in Night at the Museum, Mo' Better Blues, The Players Club, Harlem Nights en Norbit, waarin hy die stem van die hond Floyd was.

Hy het onlangs getoer met die komediante Cedric the Entertainer, Eddie Griffin, George Lopez en D.L. Hughley, en het Marshal Williams in 50 Cent se trefferdramareeks Power gespeel.

[caption id="attachment_168547" align="alignnone" width="600"]Charlie Murphy. Foto: Cover Media Charlie Murphy. Foto: Cover Media[/caption]

 

Charlie word oorleef deur twee kinders uit sy huwelik met sy vrou, Tisha Taylor Murphy, wat in 2009 dood is.

Die komediant Chris Rock was onder die eerste sterre wat Woensdag hulde aan Charlie gebring het. Hy’t getwiet: “Ons het pas een van die snaaksste, mees opregte broers verloor. Rus in vrede, Charlie Murphy.”

Die hiphop-magnaat Russell Simmons, die man agter die Def Jam Comedy-toer, het gesê: “Het pas uit meditasie gekom en gehoor een van my vriende en my grootste komedieheld is oorlede. Ek was baie lief vir Charlie Murphy.”

Daar was ook huldeblyke uit die rapbedryf. Die Wu-Tang Clan-ster Raekwon Da Chef en Bow Wow het ook die wyle ster vereer. Bow Wow het getwiet: Van Roll Bounce tot Lottery Ticket – ek het die plesier gehad om twee keer met Charlie aan flieks te werk. Rus in vrede aan ’n groot gees!”

– Cover Media