AB de Villers is van alle eersdaagse wedstryde uitgesluit weens ’n lastige elmboogbesering. Die kaptein sal chirurgie ondergaan aan die besering wat hom al maande lank pla. Dit beteken hy sal agt tot 10 weke buite aksie wees terwyl hy herstel.

Chirurgie is die “al langtermynoplossing”, sê die spanbestuurder, dr. Mohammed Moosaje, in ’n verklaring waarin hy onthul die 32-jarige krieketster het sy mees onlangse fiksheidstoets gedruip.

“Die mikpunt is om hom hopelik terug te hê vir die Sri Lanka-tuisreeks in die Kerstyd,” sê Mohammed, ’n mediese dokter. “Ons het die konserwatiewe bestuur van rus, fisio, rehabilitasie en kortisooninfiltrasie in die elmboog beproef, maar dit het nie die resultate gelewer wat ons sou wou gehad het nie.” AB het nog nie ’n verklaring uitgereik ná Krieket SA se teleurstellende bekendmaking nie. Die pa van een het wel gister sy vrou, Danielle, op Instagram ’n gelukkige verjaardag toegewens. “My vrou, jy is so ’n spesiale vrou; so ’n spesiale ma!” het hy geskryf. “Ons is so gelukkig om jou in ons lewe te hê. Gelukkige verjaardag! Mag daar vele meer wees.”

Verlede week het AB en Danielle saam met sy spanmaats na Mauritius gevlieg om sy mede-Protea Quinten de Kock se troue met sy jare lange liefde, Sasha, te vier.

Ready for the De Kock wedding! Great times

A photo posted by AB de Villiers (@abdevilliers17) on

#TeamDuminy #TeamDeVilliers #DeKockWedding ???

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

?? @abdevilliers17

A photo posted by Danielle de Villiers (@danielledevilliers) on