’n Reuse-soektog is van stapel gestuur en daar is sedertien onverpoos na haar, sowel as haar Pajero-sportnutsvoertuig gesoek.

Daar was selfs ’n beloning aangebied vir meer inligting oor Annatjie.
Lees ook: Duisende mense help soek na vermiste Laeveld-vrou Sondagoggend het die tragiese nuus gebreek: Annatjie Myburgh se lyk is in die Numbi-area, onderweg na die wildtuin se Numbi-hek gevind. Haar handsak is ook naby haar gevind.
Volgens Die Laevelder is haar voertuig in Kabokweni gevind, versteek naby beeskrale. Al die motor se wiele was verwyder. annetjie Kapt. Pieter Smit, bevelvoerder van die blitspatrollie-afdeling, het aan Die Laevelder bevestig dat ’n verdagte reeds in hegtenis geneem is. Pogings om tweede verdagte in hegtenis te neem, was tot dusver onsuksesvol. Volgens wat berig word, het die verdagte glo aangevoer het Annatjie het ’n hartaanval gehad.
In ’n vroeër onderhoud het haar man sy magteloosheid uitgespreek.

Annatjie se seun, Wendell Myburgh jr. het haar as ’n saggeaarde mens beskryf wat maklik histeries sou raak as sy skrik.

Enigiemand wat meer inligting het, kan kapt. Calvin Pule by 082-449-0334 bel.

Bronne: lowvelder.co.za, netwerk24.com,