Die 16-jarige het tydens ’n rugby-oefening by die Hoërskool Alexandra inmekaargesak, sê die ER24-woordvoerder Annine Dormehl.

Paramedici het kardiopulmonêre resussitasie (KPR) uitgevoer en hom aan ’n ventilator gekoppel om hom hospitaal toe te neem.

By die hospitaal het dokters KPR voortgesit, maar die seun kon nie bygebring word nie. Hy is om 18:00 dood verklaar.

Die owerhede sal die omstandighede van sy dood ondersoek.

Bron: News24