[caption id="attachment_166220" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie (wikimedia.org) Foto ter illustrasie (wikimedia.org)[/caption]

Die ontploffing het omstreeks 22:30 gisteraand plaasgevind toe konsertgangers die Manchester Arena verlaat het, berig CNN.

Minstens 50 mense is in die ontploffing beseer, het hoofkonst. Ian Hopins van Manchester in ’n verklaring gesê.

“Ons hanteer dit tans as ’n terreurvoorval totdat ons anders weet. Ons werk nou saam met die nasionale polisiekantoor se netwerk vir terrorismebestryding, asook Britse intelligensie." Die popster is nie in die voorval beseer nie. “Ariana is oukei. Ons ondersoek nog wat gebeur het,” het Joseph Carozza, Ariana se reklameagent by Republic Records, aan die LA Times gesê. Die sangeres het ná die aanval haar skok op Twitter uitgespreek.

Volgens The Guardian, het Joe Gregory, wat buite die arena vir sy meisie gewag het, die ontploffing op kamera vasgevang.

Bronne: CNN, The Guardian, LA Times