’n Lid van die gesin het aan News24 gesê hulle is deur hul tandheelkundige rekords geïdentifiseer.

“Die man se suster is ’n tandarts en sy het Maandag na die lykshuis gegaan. Sy het hulle positief volgens hul tandheelkundige rekords geïdentifiseer.

Aanvanklik is aangedui die jongste oorledene is 13 jaar oud, maar die familie het bevestig sy is 23.

Die familie het die drie uitgeken as Gregory Naidoo (57), Melanie Naidoo (51), en haar dogter, Rakiel. Kapt. Kay Makhubela het gesê hy is nie daarvan bewus dat die familie die lyke uitgeken het nie.

Huldeblyke stroom in op Facebook sedert die nuus  bekend geword het dat Rakiel Naidoo (23) inderdaad een van die drie verbrande liggame in die veld by Centurion was.

Bykomende bron: news24.com