Dit is ’n dag wat die oud-Bokheld Joost van der Westhuizen (45) se familie geweet het gaan kom en gevrees het, maar dit was steeds ’n skok.

Joost, wat al sedert Mei 2011 verbete teen motorneuronsiekte veg, is nou afhanklik van suurstof.

“Dit is ontsettend moelik. Dit gaan moeilik met hom, maar hy veg voort,” het Joost se broer, Pieter, Vrydag aan Huisgenoot bevestig. Hy vertel Joost is steeds by sy huis in Midrand, maar is nou “’n rukkie” op suurstof.

Hy vertel hulle wou dit eers stil hou ter wille van sy twee jong kinders , Jordan (12) en Kylie (10), by die sangeres en aanbieder Amor Vittone, van wie hy vervreem is.

Pieter weet egter mense wil weet hoe dit met Joost gaan.

“Ek weet mense wil vir hom bid. Daar is baie mense...” het hy moedig vertel.

Een van hulle wat baie hartseer en bekommerd is, is sy vriend Toks van der Linde, oud-Springbok en aanbieder van Toks en Tjops.

toks1
“Dink asb in gebed aan die legend vanaand,” het Toks Donderdag op Facebook ges?. Ook die sanger Arno Jordaan het Donderdagaand getwiet: “Dink aan die yster en sy familie vanaand! Dit gaan nou bitter bitter sleg met Joost! Jyt lank baklei yster, byt nog bietjie vas toe!” SIC