Die Olimpiese swemheld, Ryk Neethling, en sy beeldskone verloofde, Sahar Biniaz, is na bewering uitmekaar.

[caption id="attachment_138176" align="alignnone" width="600"]Die Olimpiese held Ryk Neethling en sy verloofde Sahar Biniaz is na bewering uitmekaar. Foto: Facebook Die Olimpiese held Ryk Neethling en sy verloofde Sahar Biniaz is na bewering uitmekaar. Foto: Facebook[/caption]

Bronne na aan die paartjie het glo aan Timeslive bevestig die paartjie is nie meer saam nie.

Waarom Ryk en Sahar glo hul verlowing van 'n jaar verbreek het, is nog onbekend. Ryk wou by navraag nie meer besonderhede gee of die nuus bevestig of ontken nie. Volgens die Iraniese skoonheid se Instagram-profiel is sy tans by haar ouers in Vancouver, Kanada. Lees ook: Sexy Ryk en sy beeldskone Sahar baljaar tussen die branders van die Maldives Ryk (39) en Sahar (30) het mekaar in Augustus 2014 in ’n restaurant in Spanje ontmoet en was vir ’n geruime tyd net vriende.

’n Paar maande later het sy vir hom in Suid-Afrika kom kuier en besluit om hier te bly.

A photo posted by Lianne (@liannewill) on

Hulle het in Mei verlede jaar verloof geraak en sou in Desember op die spoglandgoed Val de Vie buite Paarl trou waar Ryk as bemarkingsbestuurder werk.