[caption id="attachment_173949" align="alignnone" width="600"]Foto Argief Foto: Papi Morake Piet Byleveld in ’n vorige onderhoud met Huisgenoot. Foto: Papi Morake [/caption]

Toe longkanker in Maart vanjaar by Piet Byleveld gediagnoseer is, was dit reeds in fase vier.

Een van Piet se oudkollegas, Yolinda Freimond, het per WhatsApp-boodskap bevestig dat Piet se vrou, Elize, sy naastes van sy dood in kennis gestel het.

“Piet is ’n paar minute terug oorlede,” het sy in die boodskap gesê.

Met Huisgenoot se laaste besoek Sondagaand aan hom in die hospitaal was Piet in ’n diep slaap en het suurstofhulp ontvang.

Lees ook: Langs sy hospitaalbed bieg Piet Byleveld se vrou: ‘Ek het hierdie week die eerste keer voor hom gehuil’

Elize was nie dadelik vir kommentaar beskikbaar nie.

Kyk hier na Piet en Elize se troudag: