Die slagoffer van Woensdag se mikro-vliegtuig se naam is nou bekend.

Hy is die Johannesburger, Mario Müller. Mario en ’n onbekende persoon het vroeër vandag met die mikro-vliegtuig gevlieg toe dit rondom middagete in ’n oop stuk veld in Alberton neergestort het.

Die passasier het verskeie beserings opgedoen en is na ’n privaathospitaal in Alberton geneem. Mario is op die toneel dood verklaar.

Dit was duidelik dat Mario ’n groot passie vir mikro-vliegtuie gehad het. Hy het hierdie foto op 5 Julie op sy Facebook-blad gedeel.

[caption id="attachment_135465" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook. Foto: Facebook.[/caption]

“RIP Mario Müller. Jy sal altyd my pel wees. Sien jou weer eendag. Dan met jou eie vlerke...” het een van sy vriende op Facebook geskryf.

Die oorsaak van die ongeluk is in hierdie stadium nog nie bekend nie.

Vroeër vandag

Volgens ’n persverklaring deur Arrive Alive het die vliegtuig het in Alberton langs Rogersweg op ’n stuk oop veld neergestort.

“Toe nooddienste by die toneel opdaag, het die een pasiënt reeds aan sy wonde beswyk en hy is op die toneel dood verklaar.

Die tweede pasiënt het kritieke beserings opgedoen en moes op die toneel behandel word,” lui die verklaring.

Die pasiënt is na ’n nabygeleë traumafasiliteit geneem vir verdere behandeling. Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het en noodpersoneel is op die toneel om dit te assesseer.

* Ekstra inligting sal bygewerk word soos die storie ontvou.

Bronne: arrivealive.co.za, er24.co.za