’n Man wat saam met sy vrou ontvoer is tydens ’n rooftog by hul tuiste in die KwaZulu-Natalse Middelande is dood aangetref, het polisie Maandag aan News24 gesê.

[caption id="attachment_159909" align="alignnone" width="600"]Foto: Argief Foto: Argief[/caption]

Roger Solik (66) wat vir 20 jaar die stryd teen Parkinsons geveg het, is Maandagoggend met sy hande aanmekaar gebind, dood aangetref, het lt.kol. Thulani Zwane gesê.

Hy is ’n paar kilometer van sy vrou, Christine Solik (57) aangetref.

Die Solik-familie het oor die naweek in sosiale media na Suid-Afrikaners uitgereik met ’n aangrypende verklaring: Hul ma, Christine, is vermoor en hul pa was vermis. En volgens die verklaring het hy net ’n paar uur om te gehad om te leef sonder sy medikasie.

“Hy het vir 20 jaar hard teen Parkinson se siekte baklei. Daaglikse medikasie is noodsaaklik vir sy toestand, en ongeag hoe verstandelik sterk hy is, sal hy sonder sy medikasie binne 48 uur nie meer oor die weg kan kom nie.”

Maar meer as 48 uur ná die moord op sy vrou was Roger steeds vermis, het ’n polisiewoordvoerder, lt. kol. Thulani Zwane, aan vroeër Maandag aan Huisgenoot gesê.

Die polisie is op Vrydag 17 Februarie om 13:00 ingelig dat ’n paartjie in die Bend Country Estate vermis is toe bekommerde bure ontdek alles in hul huis is omgekeer en bloedmerke in die huis sien.

Volgens die familie se verklaring is Christine se lyk later in ’n rivier 70 km vanaf die paartjie se huis gevind en is hul motor verlate in ’n nabygeleë gebied gevind.

“Ons ouers was onafskeidbaar en hul verhouding was iets om na te streef. Dis moeilik om te verstaan dat iets so gewelddadig op die landgoed met golwende heuwels, die natuur en bure 100 meter weg, kon gebeur,” het die familie gesê.