Te danke aan ’n fotograaf met ’n hart van goud, Lindsey Natzic Villatoro, kon Jim en Josie wel ’n gedeelde herinnering skep. Hulle het ’n “trou”-seremonie gereël waar Josie, in ’n pragtige wit kantrok, aan haar pa se arm die “troupaadjie” kon afstap. Vooraf is haar hare en grimering gedoen en sy het ’n pienk-en-wit ruiker gedra. Daar was selfs ’n beloftering vir Josie om te dra.

Toe Josie (op die dag van die “troue”) van die idee hoor, was sy ’n bietjie oorweldig, vertel Lindsey. “Sy het ’n oomblik nodig gehad. Later het sy gesê: ‘Dit is die beste dag van my lewe.’ Sy was baie bly en opgewonde om hierdie oomblikke te hê.”

Kyk hier na ’n video van die hartroerende foto’s wat Lindsey Natzic Villatoro geneem het.

-Suzaan Hauman

Bronne: YouTube, Huffingtonpost.com, ktla.com