“Ons is so bang hier binne. Die mense wat by die skuiling werk, kan sien ons is bang, maar al wat hulle gesê het, is dat ons dag aangebreek het. Ons moet iemand kry om ons te red, of ons is volgende . . .”

So smeek Keira, ’n bokserbrak, op Facebook in ’n inskrywing wat die wêreld se aandag getrek het.

Op ’n foto van die twee klou Kala vergeefs aan haar boesem-pel Keira vas.

Die welsynsorganisasie Angels Among Us het die foto op Facebook gedeel en uit die oogpunt van Kala desperaat gesmeek dat iemand hulle aanneem.

“Jy kan dit op ons gesigte sien . . .Keira weet wat gaan gebeur; jy kan dit in haar oë sien. Sy maak beslis of sy dapper is, maar ek kan haar hartklop voel terwyl ek aan haar vasklou.

“As niemand ons red nie, gaan iemand haar van my af wegneem. Ek sal haar in die gang sien afgaan. Sy sal nie terugkom nie en ek sal huil.

“Daarna sal hulle my kom haal, en ek sal nie so braaf wees nie. Ons het mekaar getroos terwyl ons hier was. Sy het my hoop gegee toe ek geen hoop gehad het nie. Nou is dit uit en gedaan. Tensy . . .”

Volgens die organisasie het ’n weldoener albei honde skaars twee uur later aangeneem.

In minder as twee dae is die oorspronklike inskrywing amper 10 000 keer gedeel en het byna 4 000 mense daarop kommentaar gelewer.

Bronne: Daily Mail; Time