Baie van ons onthou Joe Foster nog van die dae toe hy deel was van Adam.

joe2
Maar die skrywer van die gewilde temalied van Pad na Jou Hart gaan as solokunstenaar van krag tot krag. Hy reik eersdaags sy debuutalbum, Hartklank, uit.

Hoe was dit om op jou eie te wees ná jou tyd by Adam?

Dit is totaal iets nuuts; iets anders. Ek was beslis gespanne, maar ’n goeie gespanne, want ek weet ek lewer nou my beste werk en ek sit my hele hart daarin. Dit is wat saak maak.

Waar kom die naam Hartklank vandaan?

Dis ’n eenwoordbeskrywing van luister na ’n mens se hart. Dis al hoe God sy ritme aan ons kan kommunikeer. Dit is wanneer ons ritme saamval met daardie ritme dat ongelooflike dinge gebeur. Luister dus na jou hart; luister na jou hartklank.

Wat kan luisteraars van die album verwag? Ek het ’n jaar en ’n half aan verskeie liedjies geskryf en net die absolute bestes vir die album gekies. Daarna het ek weer aan elke lied geskaaf tot ek dit hopelik perfek gekry het. Persoonlik hou ek van elke snit op die album. Ek kan nie wag om te hoor wat my aanhangers daarvan dink nie! Het jy meeste van die nuwe liedjies self geskryf? Ek het, ja. Ek het die aanvanklike weergawes van die liedjies geskryf, waarna ek dit gaan skaaf het by van ons land se beste liedjieskrywers. Hulle insette het ’n ongelooflike verskil gemaak. Van die liedjies is saam met die Coleske-broers geskryf sowel as saam met Paulo Azevedo en Johan C. Venter.

Persoonlik hou ek van elke snit op die album. Ek kan nie wag om te hoor wat my aanhangers daarvan dink nie!

Wat was die lekkerste deel van die hele proses?

Dit was lekker om myself weer te leer ken en gemaklik te raak met die innerlike kunstenaar wat gekom het nadat ek weg is by Adam. Dit het egter langer geduur om die album uit te bring as wat ek gedink het. Ek het gedink ek gaan bloot doen wat ek doen: liedjies skryf, dit opneem en gou-gou uitreik. Maar ek moes eers myself ontdek om die beste werk moontlik te kon lewer. Gelukkig is ek baie bly oor hoe die album uitgewerk het.

Hoe was dit om saam met die Coleske-broers te werk?

Dit was nogal intimiderend! Ek is nou nog soms skaam wanneer ek in vergaderings saam hulle is. Maar dit is eintlik glad nie nodig nie, want hulle is wonderlike mense. Hul hart is warm en hulle is ontsettende slim en talentvolle sakemanne en kunstenaars.

En die ervaring om die nuwe kykNET-temalied te skryf?

Dit was ’n asemrowende geleentheid. Ek en Johan (wat ook saam met my daaraan geskryf het) is vreeslik trots. Ek is baie bevoorreg om ’n ongelooflike span mense te hê wat deurentyd agter my gestaan het.

Wanneer word Hartklank uitgereik?

Die album word begin of middel Julie vrygestel. Maar ek kan reeds bevestig dat ek my nuwe musiek op die Inniebos-fees gaan sing.

Kyk hier na die amptelike vrystellingsvideo van Joe se nuwe album: