Die akteur Bradley Cooper het pa geword.

[caption id="attachment_168033" align="alignnone" width="600"]Bradley Cooper (Foto: Apega/WENN.com) Bradley Cooper (Foto: Apega/WENN.com)[/caption]

Die rolprentster en sy meisie, die supermodel Irina Shayk, se eersteling is vroeër vandeesmaand stilletjies gebore, berig Us Weekly.

Die paartjie is al twee jaar saam en het in 2016 openlik hul romanse met die wêreld gedeel.

Nie een van die twee het al ’n woord oor Irina se swangerskap gerep nie, maar dit was duidelik dat die Russiese skoonheid swanger was toe sy teen einde verlede jaar met ’n bababoepie by die Victoria’s Secret-modeskou in Parys, Frankryk gewaar is.

Irina het haar maag verbloem, maar modekenners was oortuig sy gaan ma word.

Daar is ook in Desember gegons dat die paartjie verloof geraak het toe sy met ’n smaragring aan dáái vinger gewaar is tydens ’n inkopietog in Los Angeles, maar die paartjie is baie privaat en het nie kommentaar daarop gelewer nie.

Irina, wat met Bradley van Silver Linings Playbook-faam begin uitgaan het kort nadat haar lang romanse met die sokkerster Cristiano Ronaldo verby was, het teen einde 2016 ’n bietjie oopgemaak oor hul gesinplanne en aan die Britse tydskrif Hello! gesê: “Ek dink familie is hoekom ons hier is. Ek is mal oor my werk en dis baie belangrik vir my, maar dis nie die belangrikste ding in my lewe nie – familie, vriende, die mense wat ek liefhet – is.

“My pa was vir meer as 20 jaar met my ma getroud, en ja, ek wil beslis eendag ’n gesin hê want dis die belangrikste ding op aarde. My suster het haar baba op 22 gehad en dit was die perfekte tyd. Ek word 31 in Januarie, so dalk is dit binnekort ook die perfekte tyd vir my.”

© Cover Media