[caption id="attachment_164908" align="aligncenter" width="450"]Foto: Shaedon Wedel  (Twitter @shardonwedel) Foto: Shaedon Wedel (Twitter @shardonwedel)[/caption]

Shaedon Wedel woon binnekort sy prom by, soos die finalejaarbal vir hoërskoolleerders in Amerika bekendstaan. Hy ken Carlie, wat Downsindroom het, al jare omdat hy baie goeie vriende is met Carlie se broer, berig BuzzFeed News.

[caption id="attachment_164909" align="aligncenter" width="450"]Foto: Shaedon Wedel  (Twitter @shardonwedel) Foto: Shaedon Wedel (Twitter @shardonwedel)[/caption]

Carlie wou glo baie graag ook die matriekafskeid bywoon omdat haar broer en dié se meisie gaan, toe besluit Shaedon die ideale oplossing is om haar as sy metgesel te vra.

[caption id="attachment_164911" align="aligncenter" width="450"]Foto: Shaedon Wedel  (Twitter @shardonwedel) Foto: Shaedon Wedel (Twitter @shardonwedel)[/caption]

Hy het 'n kostelike T-hemp laat druk waarop hy grappenderwys laat druk het: “I know I’m NACHO typical Dorito, but I’m going to be cheesy and ask ‘Will you go to prom with me?’ ”

Hy het die idee vir die Dorito-hemp gekry omdat dit Carlie se gunstelinghappie is.

Hy het Carlie boonop met ’n bos blomme en pak Doritos-skyfies verras. “Ek wou haar matriekafskeid so spesiaal moontlik maak en het besluit om alles te doen,” het hy aan BuzzFeed gesê. “Ek het op die Doritos-tema besluit omdat ek Carlie al sewe jaar ken en daar nie ’n dag verbygaan dat sy nie Doritos eet nie. Sy is gek daarna.”

En as ’n mens so na Carlie se gesig kyk, is dit duidelik sy is in die wolke oor Shaedon se blink plan!

Bronne: Twitter, BuzzFeed.