Die superster en die Skotse DJ het verlede jaar begin uitgaan nadat hul gemeenskaplike vriendin, Ellie Goudling, die twee aan mekaar voorgestel het, en hulle het in Maart een jaar saam met ’n romantiese vakansie gevier.

Calvin (32) het toe sy meisie bederf met ’n goue hangertjie met “3.6 2015” daarop gegraveer, die datum van hul eerste afspraak.

Maar verskeie bronne het intussen aan People.com gesê die musikante se paadjies het geskei. “Daar was geen drama nie,” vertel iemand in die binnekring. “Dinge werk net soms nie uit nie.”

Lees ook: Jy sal nie glo hoe Taylor Swift se nuwe haredos lyk nie!

Die nuus kom nadat Taylor (26) glo na Calvin omgesien het terwyl hy herstel het van ’n motorongeluk in Beverly Hills, Kalifornië toe hy op pad na die lughawe was om ’n vlug na Las Vegas te haal.

Calvin het vier optredes ná die ongeluk op 20 Mei gekanselleer sodat hy kan herstel, maar het Maandag teruggekeer na sosiale media en gesê hy het sedertdien teruggekeer na die Verenigde Koninkryk.

Die sterre het nog nie ’n woord oor die uitmakery gerep nie, maar het albei openlik vantevore oor hul liefde vir mekaar gepraat.

Calvin het in April ná ’n optrede by die Coachella-fees in Kalifornië – waar Taylor hom ondersteun het – vertel hoe lekker dit vir hom is om sy meisie daar te hê, veral oor haar borrelende geaardheid.

“Sy’s fantasties! Sy weet wanneer dit tyd is om my ’n bietjie uit te los, soos voor ’n optrede,” het die DJ aan die Londense radiostasie KISS FM gesê.

Lees ook: Taylor Swift en Calvin Harris al te danig op tropiese eiland

“Sy’s baie bemoedigend en haar sonnige geaardheid is aansteeklik. Sy kan selfs my bestuurder se gemoed opvrolik, en dit wil nogal gedoen wees! So dis baie lekker om haar in die omtrek te hê.”

Hy’t ook vertel hoeveel pret dit is om Taylor se tuisdorp Nashville in Tennessee te verken wanneer hy ’n blaaskans neem. “Ek het deesdae nogals ’n sagte plekkie vir Nashville. Dis ’n baie rustige, vriendelike plek en ek was tot laasjaar nog nooit tevore daar nie.”

Taylor het ook net goeie goed oor haar kêrel te sê gehad. “Ek vat dinge soos dit kom,” het sy vroeër vanjaar aan Vogue gesê. “Ek is op die oomblik in ’n toweragtige verhouding. En natuurlik wil ek hê dit moet net ons s’n en baie rustig wees. Dis die een ding omtrent my persoonlike lewe wat net myne is.”

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk watter gewilde sanger se eerste pienkvoet is onlangs gebore!

Kyk die vreesaanjaende oomblik toe wilde olifant Arnold Schwarzenegger op safari in SA ‘bestorm’

Raaisel om rits skokmoorde op Krugersdorp verdiep

80 honde en katte van kant gemaak nadat DBV se hokruimte opraak

Groot nuus vir sepieliefhebbers