Roger (88), een van die gewildste James Bonds nog, het die tragiese nuus Dinsdag bekendgemaak.
Hy het gesê die familie is verpletter. Flossie is die dogter van Kiki Tholstrup, sy vierde vrou. “Ons was almal by haar en het haar tot die laaste oomblik met liefde omring,” het hy Dinsdag op die sosialemedia-platform Twitter bekendgemaak.
Lauren St. John, ’n natuurlewe-aktivis, beskryf Flossie onder meer as ’n begaafde skrywer.

In 2014 het Flossie en die voormalige skansfondsverkoopsman Richard Steele ’n gesogte privaat klub vir hubare enkellopendes begin. Met die ontstaan van die klub het sy gesê Ochun is ideaal vir mense soos hul vriende, wat eerder by partytjies mense wil ontmoet as deur die internet. Sou jy as lid van die klub aanvaar word, moes jy destyds sowat R26 000 neersit as ’n eenmalige registrasiefooi. Elke geselligheid daarna sou jou tussen sowat R890 en R2 700 uit die sak jaag.

Roger het van 1973 tot 1985 die rol van die sjarmante 007 in sewe flieks vertolk.

Hy het ook groot aanhang verwerf vir sy rol as Simon Templar in The Saint. In die 1970’s is hy kwaai gekritiseer omdat hy drie flieks in die destydse Suid-Afrika gemaak het: Gold, Shout at the Devil en The Wild Geese.

Bronne: mailonline.co.uk, thesun.co.uk, thetalley.efinancialnews.com, wikipedia.org