Die aktrise Brittany Murphy is vroeg Sondagoggend aan ‘n hartaanval oorlede. Murphy was slegs 32 jaar oud.

Murphy se ma het dié ster Sondagoggend bewusteloos in die stort in haar man, Simon Monjack se huis in Los Angeles aangetref, het TMZ.com berig.

Sy is kort daarna na die Cedars-Sinai mediese sentrum geneem nadat 'n noodoproep deur Monjack gemaak is. Sy is pmstreeks 01:00 by die hospitaal dood verklaar.

Murphy was bekend vir haar rolle in films soos 8 Mile, Clueless, Girl, Interrupted, Little Black Book en Sin City. Sy en Monjack is in 2007 getroud en in 2006 was sy 36ste op die tydskrif FHM se lys vir die wêreld se 100 sexyste vroue.