Kaartjies vir die Hart van Windhoek-fees, wat 15-16 Oktober in Nambie plaasvind, is nou te koop! Twee gelukkige Suid-Afrikaners en hul metgeselle kan ook kaartjies wen, wat reis- en verblyfkostes insluit.

Kaartjies

Kaartjies is by alle Shoprite-takke met Computicket-sisteme te koop. In Windhoek is dit by alle LeoCell takke ook te koop. Dis is ook verkrygbaar by www.computicket.com of www.ticketbreak.co.za.

Kompetisie

Twee gelukkige Suid-Afrikaanse lesers en hul metgeselle kan gratis daarheen reis!

Het jy ’n geldige Suid-Afrikaanse paspoort? Dan hoef jy net die woord HART gevolg deur jou antwoord op die volgende vraag en ook jou naam en adres na 34922 te SMS.

Vraag: Van watter land kom Juanita, Nianell en Stefan Ludik oorspronklik?

Die kompetisie sluit op Vrydag 27 Augustus om 17:00.

Jy kan soveel keer deelneem as wat jy wil. Elke SMS kos R2.

Jy moet die geregistreerde eienaar van die selfoonnommer wees wat jy vir jou deelname gebruik of die wettige eienaar se toestemming daarvoor hê.

•    Ingesluit by die prys: ’n Retoervlug vir twee vanaf Kaapstad Internasionaal of OR Tambo  Internasionaal in Johannesburg, verblyf in die luukse Erindi Lodge naby Windhoek met drie maaltye, alle drankies, ’n wildrit, vervoer van en na die lughawe ingesluit.

•    Uitgesluit: Wenners en hul metgeselle is verantwoordelik vir hul eie visums.