Die 20 jaar oue sanger by One Direction het wel deeglik naam gemaak in die musiekbedryf en hy word wêreldwyd as ’n hartedief beskou. Harvey, ’n Hollywoodse veteraan-rolprentregisseur, reken dat hy ongetwyfeld sal oorbeweeg na die rolprentbedryf toe.

“Hy sal beslis die rolprentbedryf betree. Hy het my vertel hy wil dit doen,“ het Harvey aan die Britse koerant, The Mirror, gesê. “As jy hom raakloop, is hy super charismaties.” Harvey is medestigter van Miramax Films en medevoorsitter van die Weinstein Company. Hy is die regisseur van fiksierolprente, soos Silver Linings Playbook, Big Eyes, Django Unchained en Pulp, om maar net ’n paar te noem. Hy sê hy het reeds met die jong popster gesels oor die moontlikheid van saamwerk aan rolprente.

Die regisseur het dit duidelik gemaak dat hy Harry enige tyd sal huur.

“Hy het verlede jaar ons Oscars-partytjie bygewoon en ons twee het uitgegaan vir middagete. Ek het het hom twee of drie keer raakgeloop en hy was baie interessant en innemend. Ek dink die kêrel is ’n rolprentster,” het hy onthul.

Die regisseur het dit duidelik gemaak dat hy Harry enige tyd sal huur. Hy wil egter nie hê dat die ster hom by hulle moet aansluit soos enigiemand anders deur vir ’n oudisie te kom nie.

“Hy hoef nie eens na my toe te kom vir ’n oudisie nie. Ons het hom ’n rol aangebied en hy kon nie in die rolprent speel nie want hy moes op ’n toer gaan. Hulle het ’n gekke bedrag geld met hul toer ingesamel, dus het hy verantwoordelikhede,” het Harvey gedweep.

“Harry sal ongetwyfeld in die toekoms ’n fantastiese hoofspeler wees. En daar sal nie ’n tekort aan vroulike aanhangers wees wat sal toustaan vir springmielies nie.”

Harvey het vir Harry ’n rol aangebied teenoor Cara Delevigne in Tulip Fever, maar die skepper van trefferliedjies het dit, weens sy toerprogram, van die hand gewys.

© Cover Media