Dit lyk of die aantreklike Harry Styles (20) van One Direction op almal verlief raak. Hy is net so dol op vroue soos hulle oor hom is. Kyk ’n bietjie hier

Jennifer Lawrence (23)

JLaw het by verlede jaar se Oscars die eerste keer Harry se aandag getrek toe sy oor haar rok gestruikel en geval het. En hy sê hy’s mal oor haar styl. “Sy trek koel aan,” het hy aan InStyle gesê. “Ek hou van haar by al daardie groot prysuitdeel-goed.”

Nina Dobrev (25)

Harry het in Augustus 2013 in ’n onderhoud met New York Live gesê hy is dolverlief op die Vampire Diaries-aktrise.

Rihanna (26)

Harry het getwiet hy “hou van” Rihanna. Kan jy hulle saam voorstel?

Kim Kardashian (33)

In 2012 het Harry by ’n radio-onderhoud in Amerika opgedaag met ’n reuse plakkaat van Kim in ’n bikini met ’n plaknota waarop staan: “Bel my . . . dalk?” Ons wonder of Kim se kleinsus, Kendall Jenner (18), daarvan geweet het toe hulle van Oktober tot Februarie uitgegaan het. Ongemaklik!

Frankie Sandford (25)

Frankie is die meisie op wie Harry al die langste verlief is. Die sangeres van The Saturdays is die eerste bekende vermaaklikheidster van wie hy gehou het.

Rosie Huntington-Whiteley (27)

Toe hy verlede jaar in ’n onderhoud gevra is wie die mooiste vrou ter wêreld is buiten sy ma, suster of meisie, het Harry geantwoord: “Waarskynklik Rosie Huntington-Whiteley. Dis haar gesig.”

Miley Cyrus (21)

Van Harry se vriende meen hy is op haar verlief, maar sy voel beslis nie dieselfde oor hom nie. Miley het verlede Januarie hierdie foto van haar met ’n reuse karton-uitknipsel van Harry op Twitter geplaas ter viering van haar suster, Noah, se verjaardag. Die byskrif lees: “Al wat @noahcyrus vir haar VERJAARDAG wil hê, is @harry_styles”. En in ’n opvolg-twiet het sy gesê: “Ek wil Harry glad nie hê nie. Nie lelik bedoel nie. Net stuitig geraak met ’n karton-uitknipsel.”

Lief vir ouer vroue!

Angelina Jolie (38); Kate Moss (40) en Kate Winslet (38)

Toe Harry in 2012 in ’n onderhoud met die Britse koerant Metro gevra is wie se ideale vrou is, het hy gesê dis Angelina Jolie, Kate Winslet en Kate Moss. Die One Direction-hartebreker het duidelik ’n voorliefde vir ouer vroue ná sy kortstondige verhouding met die X Factor UK-aanbieder Caroline Flack, wat 14 jaar ouer as hy is!

BRONNE: www.j-14.com; twistmagazine.com; dailymail.co.uk; eonline.com; Twitter; nydailynews.com; metro.co.uk; justjaredjr.com