Sy was ‘n skaam 11-jarige toe sy die eerste keer op die rooi tapyt verskyn om vir die eerste Harry Potter-fliek voorbrand te maak.

Haar vormlose slooprok het gelyk soos iets wat sy by die Hogwarts-kostuumafdeling kon geleen het. En toe die kameras begin flits en joernaliste haar met vrae bestook, het dit gelyk of alles Emma Watson wil-wil oorweldig.

Nou, ’n dekade later, was daar geen teken van die skaam meisietjie van vroeër toe sy in ’n sprokiesrok deur die ontwerper Oscar de la Renta by die Londense première van Harry Potter and the Deathly Hallows –Part 2 opdaag nie.

In die nuutse uitgawe van Huisgenoot bekyk ons die 21-jarige Emma, wat nou die ikoon van haar generasie genoem word, van nader.

Lees meer in die Huisgenoot van 21 Julie.

Volg Huisgenoot op Twitter.