J. K. Rowling  het aanhangers ’n kykie na ’n volwasse Harry gegee in ’n nuwe verhaal wat Dinsdag op haar webtuiste Pottermore geplaas is.

Die storie van 1 500 woorde beskryf hoe Harry (nou 34) die Quidditch-wêreldbekertoernooi met sy vriende Ron en Hermione en hul kinders bywoon.

Harry het “silwer strepe” in sy hare en ’n geheimsinnige sny op sy wang, terwyl Ron se rooi hare “effe dun begin raak”.

Die finale boek in die Harry Potter-reeks, Harry Potter en die Skatte van die Dood, is in 2007 gepubliseer, en J. K. het gesê sy gaan nie nog ’n aflewering skryf nie. Maar sy het wel ander verwante materiaal uitgebring, insluitend ’n verhaalbundel getiteld The Tales of Beedle the Bard.

Sy het ook twee speurromans onder die naam Robert Galbraith gepubsliseer.