Jamie Yeates, wat Marcus Flint, een van die booswigte in die tweede rolprent, Harry Potter and the Chamber of Secrets, gespeel het, woon in Pretoria van alle plekke.

Mens kan maar net bespiegel wat hy hier kom maak het, want Jamie het nie op Huisgenoot se navrae gereageer nie. Het hy die toorkuns van die sangoma kom bemeester, of die spook van Uiniondale kom jag? ’n Mens wonder. Volgens Movie Pilot is dit nie bekend wat Jamie in Suid-Afrika doen nie en of hy nog enigsins toneelspel beoefen nie. Hy het glo ná sy rol in Harry Potter sy loopbaan gestaak. Jamie se karakter, Marcus, het vir die Hogwarts-skool se gehate huis, Slytherin, hul amptelike sport, Quidditch, gespeel.

Met sy skewe tande en slinkse hoë het Harry in die rolprent bespiegel Marcus is ’n afstammeling van trolle, maar 13 jaar later en op die ouderdom van 31, lyk dit of Jamie kan inskryf vir Meneer Wêreld.
Kyk hier na van sy onlangse foto’s.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Nike staan bankvas agter Maria Sharapova

Huilende slagoffer bly Hewitt se appèl teen tronkstraf vir seksdade misluk

EKSKLUSIEF: ’n Groot gunsteling verlaat die Laan

Errol se meisie het nie een varkie in die hok nie

Mamma Mia! Abba-aanhangers sal hiervan hou