Die 54-jarige was Maandag in ’n trompopbotsing betrokke en het 15 van sy ribbes gebreek en albei sy borsbene gekraak. Sy een long is ook geperforeer en hy het etlike bene in sy linkerbeen gebreek sowel as sy nek.

“Dit het regtig gebeur; dis nie vir ’n rol in ’n fliek nie,” het ’n verteenwoordiger van die akteur op sy amptelike Facebook-blad geskryf saam met ’n foto van die erg beseerde ster.

Hoewel hy duidelik in ernstige pyn verkeer, hou die akteur op die foto moedig sy duim omhoog om te wys hy is oukei.

Buiten dat sy nek en bene gebreek is, moes Jim, wat in 1984 teenoor Colin Firth in Another Country gespeel het, twee bloedoortappings kry en word binnekort op hom geopereer.

Jim, wat in Essex gebore is, word veral onthou vir sy rol as Tom, die herbergier, wat Harry Potter in die Leaky Cauldron ontvang het in die derde aflewering in dié gewilde filmreeks.

via GIPHY

Dit is nie duidelik waar die ongeluk plaasgevind het nie, maar The Guardian berig Jim bring deesdae die meeste van sy tyd in Los Angeles deur.

Bronne: Facebook, The Guardian, Metro, Wikipedia