Die uitgewersmaatskappy, Parragon Books, het in die studie uitgevoer en met 2,000 volwassenes in die VK gepraat. Die 32-jarige rooikop het met 31 persent gewen en sy skoonsuster, die Hertogin van Cambridge, het tweede gekom.

Dit is nie ’n wonder dat Harry die goud ingepalm het nie, want hy is alom bekend vir sy entoesiasme vir liefdadigheid, soos byvoorbeeld sy ondersteuning aan beseerde weermagmanne en -vroue by die Invictus-Spele verlede September. Hy het ook in 2014 indruk gemaak toe hy ’n veldtog, genaamd #FeelNoShame, gesteun het. Dit is gehou ten bate van MIV/VIGS-lyers en mense is aangemoedig om ’n geheim te deel in die lig van die stigma wat lyers aan hierdie siekte dikwels ervaar. "My geheim op hierdie Wêreld-VIGS-dag, is, glo dit as julle wil, dat ek verskriklik senuweeagtig raak voordat ek ’n toespraak in die openbaar moet hou – dit maak nie saak hoe groot die gehoor is nie,” het hy op ’n video bely.

'Dit is nie ’n wonder dat Harry die goud ingepalm het nie, want hy is alom bekend vir sy entoesiasme vir liefdadigheid.'

"Ten spyte van die feit dat ek gedurig lag en gekskeer, word ek ongelooflik senuweeagtig, eintlik byna angsbevange, voordat ek, met ’n pak aan, by vertrekke vol mense moet ingaan.“

Die Hertogin Catherine het 26 persent van deelnemers getrek. Sy vier vandag haar 33ste verjaardag. ’n Derde van die volwassenes het haar as ’n fantastiese ambassadeur vir die VK bestempel, terwyl 30 persent reken dat sy gewone mense se persepsie van die koninklike familie verander het.

Nog 40 persent bewonder haar pretensielose persoonlikheid, haar liefdadigheidswerk en haar toewyding aan haar gesin – haar eggenoot, Prins William en seuntjie, Prins George.

Kort op Catherine se hakke volg Koningin Elizabeth II, met 21 persent van die finale stemming en Prins William is in die vierde plek met 19 persent.

Sy pa, die Prins van Wallis, het sewe persent gekry.

Prinses Anne, Prins Philip, die Hertog van Edenburgh, Zara Tindall, Prins George en Prinses Eugenie val almal onder die tien gewildstes.

© Cover Media