Prins Harry het saam met Kate Moss by Glastonbury partytjie gehou.

Die Britse koninklike (28) en die model (39) het Saterdagaand 29 Junie ná The Rolling Stones se optrede die fees se naglewe verken.

’n Bron het aan die koerant The Sun gesê: “Harry het alles uitgehaal. Hy het in ’n wit hemp en met ’n grys trilby-hoed op gedans met twee veiligheidswagte naby. Kate Moss het reg langs hom gedans.”

Die twee is in die nagklub Rabbit Hole opgemerk. Harry en sy meisie, Cressida Bonas, het vroeër die aand by die Shangri-La-area drankies gedrink terwyl hulle gekyk het hoe die Radiohead-rocker Thom Yorke sy lyf platejoggie hou.

’n Bron het bygevoeg: “Harry het in die gees vir die fees gekom. Hy het die kroeë geniet.”

Die baas van Glastonbury, Michael Eavis, het onthul hy het die prins aangemoedig om die meeste te maak van wat die fees bied.

Hy het gesê: “ Prins Harry was wonderlik. Ek het aanbeveel hy hou tot in die nag partytjie, want die naglewe is waaroor Glastonbury gaan.

“Jy kry dit nie drieuur die middag nie. Ek het gesê hy moet sy motorbestuurder vyfuur die oggend laat terugkom. En weet jy wat? Hy het tot vieruur uitgehou.

“Sy vriende het dit almal gate uit geniet. Hy wou nie ’n formele ding daarvan maak dat hy hier is nie.”