"Harry is stout, nes ek,” het prinses Diana eenkeer van haar jongste seun gesê.

En sy was reg. Die rooikopprins se voorliefde vir pret en partytjies het al meer keer die oorhand gekry as wat die koningsgesin se oorwerkte skakelmense sou verkies het.

Tydens sy onlangse toer deur die Karibiese Eilande en Brasilië was dit weer sulke tyd. Maar net soos sy ma het Harry ook die hele wêreld se harte gesteel met sy nederigheid en sjarme.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter.